R 0 to R 1,500,000

Other Features
Advanced Search

R 0 to R 1,500,000

Other Features
Your search results

Doen dinge die naweek

by on 18 March 2022
Comments:0

Wat is daar om te doen die langnaweek – 18 tot 21 Maart 2022

Lekker Fees

Die naweek is die lekker, Afrikaanse Lekker Fees, met van die land se gunsteling kunstenaars op die speellys.

Vrydag is Ampie, Ruhan du Toit, Elvis Blue en Rooksein.
Saterdag is Jakkie Louw, Blackie Swart, Refentse en Adam Tas
Sondag begin met Hoërskool Oosterland Orkes, gevolg met plaaslike kunstenaars, Mathys Roets, Cordelia en Pieter Smith.
Kaartjies is beskikbaar by die hek.

Idwala Adventures – Rotsklim

Die splinternuwe Idwala Adventures spog met die eerste rotsklim gimnasium in Mpumalanga. Kom klim na hartelus en voel weer soos ‘n kind.

Boere Mall

Die maandelikse Boere Mall skuif van sy gewone datum om deel te vorm van die Lekker Fees, dit is wel nog op dieselfde plek met dieselfde plaaslike lekkernye en hand gemaakte produkte.

Gratis toegang.

Mvua Wellness Spa 

Mvua is bekend vir hulle ongelooflike lekker maserings en daarom is dit net gepas om op Lekker Fees naweek, ‘n Lekker Massering te kry teen afslag prys.

Bespreek ‘n 60 min Mvua vollyf massering teen slegs R410 per persoon.

Bespreek nou by 017 200 3305

AquaZone Waterpark

Geniet die laaste paar dae van somer by AquaZone Waterpark. Hulle is tydens die vakansie daagliks oop vanaf 10:00 tot 17:00.

Carnival Square

Die grootste klimraam in Afrika is nou daagliks oop tydens die Maart skoolvakansie, beste van alles is jou kind kan nou teen R70 speel so lank as wat hy of sy wil!

Rocky Waters

Veilig, buitelug, gholf pret. Avontuur gholf teen slegs R40 per persoon per rondte is ook oop daagliks vanaf 18 Maart tot 3 April

Share

Compare